Woordsomme: Woordeskat
Môre Dolfyntjie!
Wanneer jy ‘n woordsom of woordprobleem kry om te voltooi, is die moeilikste deel om te weet watter tipe som dit is. Jy moet self besluit is dit plus minus, maal of deel.
Daar is sekere woorde in die woordsom wat vir jou ‘n leidraad gee om te besluit watter tipe som dit is.
Plus | Minus | Maal | Deel |
altesaam | verloor | keer | deel |
totaal | minder | in elke | verdeel |
kry nog | verskil | groepies van | deel tussen |
meer | gee weg | dubbel x2 | helfte ÷2 |
sit by | vat weg | ewe veel | |
tel op | spandeer | ||
som van | trek af |
Jy moet die woordsom lees soos’n storie en in jou gedagtes “sien” wat die woordsom vir jou vertel.
Jy skryf die getallesin neer en dan begin jy uitwerk.
Jy mag die woordsom oplos deur dit te teken soos jy dit verstaan.
Onthou die “woordjie” wat saam met jou antwoord geskryf moet word.
AKTIWITEITE
- Lees die woordsom en soek die leidraad, omkring dit of onderstreep dit.
- Skryf die getallesin¬ dit is die som.
- Doen jou bewerking of maak jou tekening om die antwoord te vind.
- Soek die woordjie wat by die antwoord moet kom¬ bv. boeke, kinders, R, kg, ens.
- Skryf jou antwoord neer.
Kom ons doen een woordsom.
Juffrou Henriette gee 15 krale vir 3 kinders. Hulle moet dit verdeel sodat elkeen ewe veel kry. Hoeveel krale kry elke kind?
Leidraad: verdeel
Getallesin: 15÷3=∆
Bewerking:
5 | 5 | 5 |
Woordjie: krale
Antwoord: =5 krale
15÷3=∆
5 | 5 | 5 |
=5 krale