Wiskunde Graad 3: 14 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 14 May 2020)

Woordsomme: Woordeskat

Môre Dolfyntjie!

Wanneer jy ‘n woordsom of woordprobleem kry om te voltooi, is die moeilikste deel om te weet watter tipe som dit is. Jy moet self besluit is dit plus minus, maal of deel.

Daar is sekere woorde in die woordsom wat vir jou ‘n leidraad gee om te besluit watter tipe som dit is.

Plus Minus Maal Deel
altesaam verloor keer deel
totaal minder in elke verdeel
kry nog verskil groepies van deel tussen
meer gee weg dubbel x2 helfte ÷2
sit by vat weg ewe veel
tel op spandeer
som van trek af

Jy moet die woordsom lees soos’n storie en in jou gedagtes “sien” wat die woordsom vir jou vertel. 

Jy skryf die getallesin neer en dan begin jy uitwerk.

Jy mag die woordsom oplos deur dit te teken soos jy dit verstaan.

Onthou die “woordjie” wat saam met jou antwoord geskryf moet word.


AKTIWITEITE

  1. Lees die woordsom en soek die leidraad, omkring dit of onderstreep dit.
  2. Skryf die getallesin¬ dit is die som.
  3. Doen jou bewerking of maak jou tekening om die antwoord te vind.
  4. Soek die woordjie wat by die antwoord moet kom¬ bv. boeke, kinders, R, kg, ens.
  5. Skryf jou antwoord neer.

Kom ons doen een woordsom.

Juffrou Henriette gee 15 krale vir 3 kinders. Hulle moet dit verdeel sodat elkeen ewe veel kry. Hoeveel krale kry elke kind?

Leidraad: verdeel

Getallesin: 15÷3=∆

Bewerking:

        5

           5

           5  

Woordjie: krale

Antwoord: =5 krale

  15÷3=∆

            5

        5

         5

         =5 krale


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 14 Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS