Wiskunde Graad 3: Dinsdag, 5 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Tuesday, 05 May 2020)

Herhaalde aftrek van drieë, ÷3

Môre, môre Maats.

Vandag gaan ons terugtel in drieë. Dit beteken -3. Die getalle raak kleiner. Gebruik weer jou spreikaarte of tellers om dit hardop te oefen. Wanneer jy ‘n klomp 3e wil uitdeel , skryf jy baie 3e. Bv. 15 -3-3-3-3-3=0, maar ons wil dit korter skryf. Daarom skryf ons nou 15÷3=5 Jy kan ook in 3e aantel tot by 15¬jy het 5 keer in 3e getel. Kom ons kyk na vandag se werkkaart.


AKTIWITEITE

Jy gaan weer kyk na die prentjie van die driewiel, want ons werk met 3e. Jy moet die aantal wiele tel. Daarna minus (-3) en dan die deelsom (÷3).

bv.  4 driewiele het 12 wiele,     12-3-3-3-3=0,     12÷3=4

 

Dink mooi en geniet die werk!

 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 5 Mei 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS