Rangorde...Hoeveelste....? -de en -ste
Môre, môre, môre Maatjie!
Jy weet mos elkeen in jou klas het sy/haar klasnommer? Soms staan julle in een laaaaaaang ry in die gang? Die maat wie se nommer 2 is, staan dus tweede. Die maat wie se nommer 18 is, staan agtiende. Die maat wie se nommer 27 is, staan sewe en twintigste. Ons noem hièrdie woorde RANGORDE. Jy moet dus jou getalname korrek kan spek. Wat is jòu klasnommer? Wat noem ons jòu nommer as ons dit verander na rangorde? Sê hardop: “My klasnommer is ____ en ek staan ____ in die klas se ry.”
AKTIWITEITE
Onthou: Soms kry die getal -de agteraan en soms kry dit -ste agteraan. Jy kan dit op twee maniere skryf, bv sestiende of 16de. Ons gaan dit nou oefen. Pak gou 5 kleurkryte op die tafel langsmekaar. rooi, blou, geel, groen, pers.
- Wat is die blou kryt se rangorde? tweede
- Wat is die pers kryt se rangorde? vyfde
- Watter kleur is die kryt wat 4de staan? groen. Nou gaan jy dit op jou werkvel oefen met plaasdiere se gesigte. Lekker werk!