Wiskunde Graad 3: Donderdag, 7 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Thursday, 07 May 2020)

Meting: Tyd 1

Môre, Graad 3 Dolfyne!

Kry gou jou groen Leerboek,‘n kalender of Mamma se dagboek. Ons gaan hersiening doen van datums, maande, dae, soorte horlosies en ook hoe laat dit op ‘n horlosie is. Alles wat jy moet ken is agter in jou Leerboek onder die naam “Tyd”. Kyk na elke maand se naam, aantal dae en weke.

Onthou: 2020 is ‘n skrikkeljaar, want Februarie het een dag ekstra. Dit het hierdie jaar 29 dae en nie 28 dae nie. Ons tel in

4e om te weet indien ‘n jaar ‘n skrikkeljaar is.

Die jaar 2024 gaan weer ‘n skrikkeljaar wees, want 20+4=24. (2020, 2024, 2028¬) Dan is jy in Graad 7!


AKTIWITEITE

Juffrou se “POWERPOINT” verduidelik alles duidelik. Jou werkkaart van vandag is “Soek die antwoord”. Die antwoorde is reeds in die blokkies getik. Trek elke antwoord dood soos wat jy dit gebruik het.

“Tik - Tok -Tik -Tok” sê die klok!

Lekker werk. xx


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 7 Mei 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS