Wiskunde Graad 3: Week 3: Vrydag, 1 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Friday, 01 May 2020)

Meting: Lengte/Afstand

Hoera, dis Vrydag!

Vrydae doen ons Praktiese Wiskunde. Jy het nou op die video gesien dat voorwerpe nie ewe lank is nie. Ons gebruik die woord LENGTE wanneer ons iets wil meet om te kyk hoe lank dit is. Die woord AFSTAND gebruik ons om te weet hoe ver iets. Vandag gaan jy met jou liniaal werk.

Is jy reg?

Jou liniaal is verdeel in klein spasies. Elke spasie is omtrent so breed soos jou vinger. Diè lengte van die spasie noem ons SENTIMETER. (cm) Ons meet voorwerpe wat kort is, in sentimeter.

Wanneer ons voorwerpe wil meet wat langer is, gebruik ons METER (m) Een meter is net so lank soos 100 cm. Dit is presies ewe lank. Wanneer ons die lengte van die mat wil meet, meet ons in meter, want dis tè moeilik om in sentimeters te meet… of die skoolgang…sjoe, dit sou moeilik wees! Ons gebruik nou ‘n maatband/meetband.

KILOMETER (km) word gebruik om ver afstande te meet, soos wanneer ons met die motor ry. 


AKTIWITEITE

Is jy gereed om te begin met jou werkvel?

Gebruik jou liniaal en ook Mamma of Pappa se maatband/meetband. As julle nie so iets het nie, kan jy ook jou treë gebruik. Een meter is ongeveer so lank soos een tree.

Hier is ook 2 skakels van videos op Youtube. Kyk daarna indien jy mag, dis baie oulik en leersaam.

https://youtu.be/ukzMc1Lr-8s 

https://youtu.be/IZCirXuXIvA

Geniet jou naweek, Dolfyntjie! Sien jou later, my mater!

 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkvel 1Mei.pdf

TOETS JOU KENNIS

0%

Copy - Graad 3 - Wiskunde - 2020-05-01

1 / 5

Die mat in ons klas is ongeveer 4 meter lank.

2 / 5

1 meter is gelyk aan ______ sentimeter.

3 / 5

Hartenbos is 10 ____ vanaf Mosselbaai.

4 / 5

My arm is _____as my voet.

5 / 5

Ek meet die lengte van my potlood in____.

Your score is

The average score is 90%

0%