Wiskunde: Graad 3: Woensdag, 29 April 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 29 April 2020)

Tel in twees, groter as, kleiner as, ewe veel.

Hallo Dolfyntjie. Jy gaan nou begin terugtel in twees tussen 200 en 500. Die getalle is ewe getalle en aan die einde is 8, 6, 4, 2, 0. Gebruik 2 blokkies en -2, -2….. Jy tel 428 * *…426. Tel hardop. Moenie onrustig voel indien dit tans vir jou moeilik is nie, want ons gaan dit wèèr doen later in die kwartaal.

Kry nou 2 papiere en teken < en > op elke papier. Dis die krokodil se bek met sy tande in….hy is baie honger! Teken sy tande ook in, want jy gaan nou werk met groter as en kleiner as.


AKTIWITEITE

Krokodille is mos vraatsig, hulle eet vreeslik baie kos. Soms kyk die krokodil na links, en soms na regs. Hy draai sy kop na die kant waar die gròòtste getal is. bv 385 > 358 of 426 < 462. Soms is albei getalle ewe veel. Dan skryf jy =... bv  2x3 = 3x2. Jy gaan dit nou op jou werkvel oefen saam met die ander werk wat ons hersien. Lekker werk! 


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkvel 29 April.pdf

TOETS JOU KENNIS

0%

Graad 3 - Wiskunde - 2020-04-29

1 / 5

3 minder as 259 is _____

2 / 5

22-8=Δ

3 / 5

Tel in twees. 380, 378, 376, 374, _____

4 / 5

316+162=Δ Kies twee korrekte antwoorde

5 / 5

387 Δ 378

Your score is

The average score is 83%

0%