Wiskunde Graad 3: Woensdag, 6 Mei 2020

(Lesson Scheduled For: Wednesday, 06 May 2020)

Bewerkings: x3 en ÷3

Hallo Maat!

Vandag gaan ons hersiening doen. Ons gaan  x3  en  ÷3 doen as bewerkings in woordsomme. Onthou: By x3 moet jy eers die getal ontbind in sy tiene en ene. Dan begin jy maal. By ÷3 moet jy die getal eers opbreek in sy veelvoude van 3. Dan begin jy deel. Plus die 2 antwoorde, en WOERTS…daar is jou som se antwoord! Jy mag ook by MAAL die 2 getalle omruil, want 3×12=12×3.Die antwoord bly dieselfde. Onthou ook die woord waaroor die woordsom gaan…appels, krale, visse…


AKTIWITEITE

Ons gaan gou 2 somme oefen.

3x18=∆  ¬ Ek wil dit eerder omruil

18x3=∆

10x3=30 ¬Ontbind en maal

8x3=24

30+20+4=54 ¬Plus

45÷3=∆

(30+15) ÷3 =∆ ¬Veelvoude van 3

30÷3=10

15÷3=5

50+5=15 ¬Plus


DRUKBARE DOKUMENTE

Smiley faceWerkkaart 6 Mei 2020.pdf

TOETS JOU KENNIS