!!!Woordkuns!!!

(Lesson Scheduled For: Monday, 04 May 2020)

  • Post Author:
  • Post Category:

Woordkuns+beeldkuns

Skeppende kunste: lockdown projek!!!

Gr. 6eeeeeeeeeeeeeeee!!!!!!! Halooooooooo!!! Sjoe, ek mis julle kreatiewe breinselle!!! Ek mis kuns saam met julle!! Ek mis dit om buite toe te gaan en dromme te speel!! Ek mis ons 3D kunswerke! Ai ek mis net die fun in die klasse!! Hoop julle Mandalas vorder goed. Onthou, jy hoef nie net een te doen nie. (-;. Die volgende projek verg baie moeite en kreatiwiteit. Weereens kuns is kuns. As jy voel dis kuns. Is dt kuns! Julle onthou hierdie woorde in my klas. Ek heg weereens n paar voorbeelde aan om daardie breinselle wakker te maak sodat hulle al die kreatiewe sappies kan wakker maak! Loer gerus na die link.

Voorbeelde volg in die afdeling “printable documents”.


AKTIWITEITE

Projek: Woordkuns

Opdrag: Kyk in jou huis vir ou storieboeke/woordeboeke of koerante. Al kry jy n ou handboek of leesboekie- solank daar woorde/sinne op verskyn. Indien jy n koerant gebruik, moet dit n paar bladsye wees. Daardie bladsye kan jy opmekaar plak om dit meer stewig te maak. Onthou asseblief om dit nog steeds A4 te hou (sny indien moontlik). As jy n gewone boek gebruik, maak ook seker dis n A4. As die boek A5 is, plak twee bladsye aanmekaar om n A4 te skep.

Jy gaan enige skets/prent/illustrasie van jou keuse op hierdie bladsy ontwerp. Voel vry om enige tegnieke te gebruik en enige kunsmateriale wat jy tot jou beskikking het.

Wat word getoets:

  • Kan jy buite die boks dink?
  • Kan jy n prent/skets/illustrasie vorm in jou gedagtes terwyl jy na woorde op n bladsy kyk?
  • Verskillende kunstegnieke gebruik. (verf/skets/inkleur/teken)
  • Kreatiewe skeppingsvermoë

Voorbeelde volg in die afdeling "printable documents".



TOETS JOU KENNIS