Week 1

Kos en boerdery in Suid Afrika


SOSIALE WETENSKAPPE
GRAAD 4
KWARTAAL 3

GEOGRAFIE
Kos en boerdery in Suid-Afrika

Woorde wat jy moet ken oor boerdery:

Bestaanslandbou is waar mense diere aanhou en plante plant om vir hulle self en hulle gesin te sorg (selfversorgende boerdery)

Kommersiële boerdery is waar boere op groot skaal met spesifieke produkte boer om dit te verkoop.

Veeplase is waar boere diere aanhou om te verkoop.

Saaiplase is waar boere met graan en gesaaides boer om te verkoop.

Sagtevrugte groei aan bladwisselende bome, het ‘n dun skil en dit kneus maklik.

Sitrusvruge het ‘n dik skil en skyfies binne die skil.

Subtropiese vrugte groei waar dit klam en warm is, dit word gou ryp en sleg.

Gepasteuriseer beteken dat die melk vinnig verhit en dadelik weer verkoel word om al die kieme in die melk dood te maak. Dit laat die melk langer hou.

Doseer is wanneer ‘n boer sy skape medisyne ingee.

Dons is die fyn veertjies onder pluimvee se vlerke en pense wat gebruik word om kussings en donskomberse te maak.

Daar is twee metodes waarop boere op plase boer.

1. Bestaanslandbou (Bestaansboere/Bestaansplase)
Dit word ook selfversorgende boerderye genoem. Hierdie mense woon op ‘n klein stukkie grond en plant groente, mielies en vrugtebome, om net vir hulle self en hulle familie te sorg. Hulle hou ook diere aan soos beeste vir melke en vleis, ‘n paar skape, varke en hoenders, ook vir vleis en eiers.
Elkeen in hieride gemeenskappie het sy eie werk, oupas en oumpas, kinders, elkeen doen sy deel. Hierdie mense gebruik handgereedskap soos grawe, spitvurke, eenskarploeë en harke. Hulle doen self die werk. Die pappa’s en mamma’s werk in die dorpe en stede as huiswerkers of tuinwerkers, hulle werk ook in winkels of kantore. Sommiges werk op die plase in die omgewing.
Die geld wat hulle verdien, word gebruik om die kos wat hulle nie self kan voorsien nie, te koop en vir klere, komberse en huishoudelike benodighede.


2. Kommersiële Boerdery (Boere wat op grootskaal boer)
Dit word ook handelsboerdery genoem. Hierdie is boere op groot plase, hulle boer met honderde beeste en skape, of hulle saai groot landgerye vol koring, mielies of ander plantgewasse.
Hulle produkte word verkoop. Hierdie boere het groot implemente waarmee hulle die grond bewerk. Hulle het ook werkers op die plaas wat die werk doen en geld verdien daarvoor.

OPSOMMING:

BESTAANSLANDBOU KOMMERSIËLE BOERDERY
Sorg vir hulle self en familie. Is ‘n besigheid
Kleinskaal Grootskaal
Werk self met handgereedskap Groot en baie implemente.
Party werk op plase, in dorpe of stede, verdien geld. Werkers doen die werk.
Koop wat hulle ekstra nodig het. Verkoop hulle produkte, het baie insetkoste (alles wat hulle moet betaal)

Verbouing van kos in dorpe en stede
Om kos in ‘n dorp of stad te verbou spaar jou geld en die produkte is ook baie gesond. Jy kan jou eie groente en vrugte plant in ‘n groentetuin iewers op jou erf. Jy kan selfs in potte groente plant.

Kommersiële boerdery
Kommersiële plase word verdeel in twee dele: Veeplase en saaiplase.
Op vee plase word daar met diere geboer en op saaiplase met plante.

Verwerkte en onverwerkte kos:

Waarom verwerk ons kos?
• Die hoofrede waarom ons kos verwerk , is om dit langer te laat hou.

Kos wat ons rou eet, noem ons onverwerkte kos. Byvoorbeeld vrugte en groente.

Metodes om kos te verwerk:
1. Uitdroog
2. Vries
3. Blik
4. Vakuumverpakking
5. Om kos te meng
6. Uitdruk en sny

Vloeidiagram van appelboerdery :

PLANT

SPUIT

SNOEI

PLUK

STOOR

Aktiwiteite

Lesbeplanning

TOETS JOU KENNIS

0%

Kos en boerdery in Suid Afrika - Toets

1 / 5

Kuikens kom na 6 dae uit die eiers.

2 / 5

Wat is nie 'n sitrusvrug nie?

3 / 5

Daar word geboer met suikerriet in Suid Afrika.

4 / 5

Kalkoene is pluimvee.

5 / 5

Joghurt is nie 'n suiwel produk nie.

Your score is

The average score is 92%

0%

Leave a Reply